🔍 Klik op voorblad vir volgrootte hoë-resolusie museumvertoning
Lang Henning en die Diamantsmokkelaars
Reekskonteks:
Die Lang Henning reeks is bedoel vir ouer kinders en gaan oor Lang Henning en sy vriend Boet. Dit speel af in die Groot Karoo gedurende die 1870’s, waar die twee rondswerf en allerhande interessante avonture beleef. Lang Henning is 28 jaar oud en het ’n onbekende en geheimsinnige verlede. Boet is ’n vyftienjarige Basterseun en grootgemaak by ’n sendingstasie, op die werf van kaptein Jesaja. Lang Henning se karakter is dwarsdeur konstant, maar Boet groei en ontwikkel gaandeweg van jong seun tot man. Die twee se nemesis is Abbot, ’n skurk van aansien, wat in verskeie titels ’n rol speel. Hy word wel elke keer vasgetrek, maar daag dan weer elders op onder ’n ander skuilnaam. Hoewel weggeskram word van uitgesproke geweld, moet aanvaar word dat die Karoo in daardie tyd ’n gevaarlike plek was en dit word weerspieël in vuisgevegte en ’n geskietery af en toe. Die hoofkarakters se gedrag is egter deurentyd onberispelik en hoewel dit lyk asof Henning ’n dobbelprobleem het, word dit net enkel in konteks gebruik. Hy rook of drink nie en is duidelik heteroseksueel, sonder dat seks ooit gemeld word. Die taal is skoon en slegs sosiaal-aanvaarbare kragwoorde word gebruik, indien nodig. Die agtergrond is kultureel-Afrikaans. Behalwe in Die Toekomsmense, waar die spot gedryf word met hedendaagse spraakgewoontes, is die taal suiwer Afrikaans en bring ek ou woorde, uitdrukkings en gebruike terloops in, sodat dit nie verlore gaan nie. Oor die algemeen egter is die skryftrant los en gemaklik en geensins pedanties nie. Elke boek bestaan uit min of meer 28 000 woorde, opgedeel in 14 hoofstukke van 2 000 woorde elk. Die historiese gegewens is deeglik nagevors en na my wete korrek, hoewel die karakters fiktief is, (Mary Sadler).
Ander Verhale in die Karoo Avonture Reeks
Sien Alle Uitgawes →