HISTORIESE SUID-AFRIKAANSE SAGTEBAND BOEKE ARGIEF (1950'S EN VERDER)
📖 1657+ Boekvoorblaaie 📚 232 Reekse 🏛️ Suiwer Nie-Kommersiële Navorsingsargief
Meiring Fouche
Foreign Legion & Desert War 📚 4 Boeke in Argief

Meiring Fouche REEKS

Hoofskrywer: Suid-Afrikaanse Skrywer

Outentieke 1950's volgorde (#1 links bo tot einde)

Storielyn Oorsig & Historiese Konteks

Meiring Fouche is die skuilnaam van Francois Alwyn Venter (27/11//1916 - 8/1/1997) en is een van Suid Afrika se top skrywers wat oor 'n wye reeks van onderwerpe kon skryf. Ander skuilname wat hy gebruik het vir sy boeke was Marius de Jongh, Elske te Water en Rene Stegman. Onder die skuilnaam Meiring Fouche skryf hy egter meeste van sy boeke en bereik gou groot hoogtes met veral sy vier trek boeke, Offerland, Gelofte land, Gekneldelde land en Bedoelde land. Na die vroeë dood van Braam le Roux, neem F.A. Venter die bekende Swart Luiperd reeks oor by Braam le Roux en voltooi die reeks van sewentig boeke. Onder die skuilnaam Meiring Fouche skryf hy ook verskeie ander reekse (Baanbrekers reeks, Ryk Schoonraad reeks, Maagd van die see reeks en Fabel Retief reeks), waarvan die Sahara avontuur reeks seker een van sy heel beste reekse is. Hy het ook verskeie ander boeke geskryf, in byvoorbeeld die uiters gesogte reeks genaamd die SA Polisie reeks, terwyl 'n paar losstaande sagteband boeke ook uit sy pen verskyn het. In totaal het F.A. Venter meer as negentig sagteband boeke geskryf en meer as veertig hardeband boeke. F.A. Venter het ook verskeie kortverhale geskryf vir tydskrifte en is sy boeke vandag hoog in aanvraag en uiters populêr by oud en jonk.

ALLE BOEKVOORBLAAIE IN VOLGORDE

Volledige lys van #1 tot #4 soos oorspronklik gepubliseer

4 Uitgawes