🔍 Klik op voorblad vir volgrootte hoë-resolusie museumvertoning
Die waansinnige besoeker
Skrywer: Meiring Fouche
Oorspronklike Publikasiejaar: 1962 (Pulp-era)
Uitgewer / Druknaam: SA Polisie
Literêre Genre: Foreign Legion & Desert War
Reekskonteks:
Die SA Polisie reeks handel oor ’n konstabel met die naam van Kobus Roode. Hy is ’n sterk geboude man met bruin hare wat altyd kort gesny is, sodat dit soos ’n borselkop vertoon. Sy verhaal begin as student toe hy en twee van sy beste vriende in die Drakensberge gaan kamp het. Daar ontbloot hulle ’n geheime wapenarsenaal en wapenfabriek wat diep onder die aarde versteek is. In die proses sterf Kobus se twee vriende, maar Kobus kry dit reg om die skurke aan te keer en so die organisasie se onwettige bedrywighede tot stilstand te bring. Hierdie gebeure het so groot impak op Kobus se lewe gemaak dat hy daar en dan besluit het om homself voortaan te beywer om ’n konstabel te word. Kobus se loopbaan maak vinnig opgang en hy los die een groot internasionale saak na die ander op. Hy kry te doen met ontvoerders, moordenaars, diere smokkelaars, dagga smokkelaars en vele meer. Meeste van die tyd begewe hy hom in Natal, maar met tye word hy ook verplaas na Pretoria en Johannesburg, om sake daar te gaan oplos wat ander voor hom nie kon oplos nie. Menigmaal weier Kobus bevordering, wat beteken dat hy kantoor werk sal moet doen, want daar is vir hom niks lekkerder as om in die natuur te werk, op die rug van ’n perd nie. Juis hierdie liefde van hom maak dat hy op geheime plekke van skurke uitkom en hulle so daar verras en ontbloot. Die laaste paar boeke in die reeks handel oor verskillende konstabels se ervarings in Suid Afrika. Daar is konstabel Ryk Schutte se wedervaringe in Suidwes, konstabel Jurie Slabbert se drama in die Karoo, konstabels Reinhardt Fouche in Suidwes, Buks Senekal in die Kalahari, Henk van Reenen in die Sederberg en konstabel Kobus van Deventer se noue ontkoming in die Namib woestyn. Elk van hierdie stories is vol aksie, drama, spanning en ook so bietjie romanse tussendeur. Elke uitstekend geskryfde speurverhaal boei mens behoorlik van begin tot einde en die stories bly jou by, lank nadat jy dit klaar gelees het.
Ander Verhale in die SA Polisie Reeks
Sien Alle Uitgawes →