HISTORIESE SUID-AFRIKAANSE SAGTEBAND BOEKE ARGIEF (1950'S EN VERDER)
📖 1657+ Boekvoorblaaie 📚 232 Reekse 🏛️ Suiwer Nie-Kommersiële Navorsingsargief
Wraak in die woestynvesting - Meiring Fouche
Klik om te vergroot

🔍 Klik op voorblad vir volgrootte hoë-resolusie museumvertoning

Wraak in die woestynvesting

Skrywer: Meiring Fouche

Oorspronklike Publikasiejaar: 1980 (Pulp-era)

Uitgewer / Druknaam: Sahara Avontuur

Literêre Genre: Foreign Legion & Desert War

Reekskonteks:

Die Sahara Avontuur reeks is briljante aksie-intrige verhale wat afspeel in die Sahara woestyn. Die hoofkarakter is Theuns Stegmann, 'n Suid-Afrikaner wat daar aangesluit het by die Franse Vreemde Legioen, omrede sy broer gedurende die tweede wêreld oorlog afgeskiet is deur die Duitsers. Hy glo vas dat sy broer nog lewe en deur sy aansluiting by die Franse Vreemde Legioen in die woestyn, het hy dus die geleentheid om so na hom te kan soek. Hy het sy Bolandse wynplaas agterweë gelaat en saam met Fritz Mundt die Duitser, Jack Ritchie die Engelsman, Podolski die Pool en Petacci die Italianer, beleef hulle die een spanningsvolle avontuur na die ander. Dit is natuurlik ook my gunsteling reeks, want mens weet net nooit wat volgende gaan gebeur nie. Ander karakters wat dalk ook genoem kan word is Kolonel Le Clerq, die bevelvoerder van die Fort Dini-Salam en wat maar lief is vir sy skelm sopies en Kaptein D'Arlan, wat tereg as die Houdini van die Sahara woestyn bekend staan onder die Arabiere, omrede hy die vermoë het om hom en sy troepe elke keer uit die onmoontlikste situasies te kan laat ontkom. In meeste van die verhale is die Vreemde Legioen in een of ander manier in 'n skermutseling met Arabiere betrokke. Hulle ontdek onder andere 'n verlore tempel in die woestyn, 'n geheime wapenopslagplek van die Tweede Wêreld oorlog, gaan gebuk onder verraad deur hul eie Legioensoldate en vele ander baie interessante stories. Meiring Fouche (FA Venter) wat die skrywer is van die reeks, is hier seker op sy allerbeste, as dit kom by spanning, drama, aksie en intriges. Hy het oorspronklik veertig boeke in die reeks geskryf, waarvan Sirkel uitgewers net sewe en dertig in die 1980's uitgegee het. Die volgorde van die boekies stem nie ooreen met die oorspronklike uitgawe nie. Gaan kyk gerus by "Reeks Boeke Name" vir meer inligting.

Ander Verhale in die Sahara Avontuur Reeks

Sien Alle Uitgawes →