HISTORIESE SUID-AFRIKAANSE SAGTEBAND BOEKE ARGIEF (1950'S EN VERDER)
📖 1657+ Boekvoorblaaie 📚 232 Reekse 🏛️ Suiwer Nie-Kommersiële Navorsingsargief
Goud en assegaaie - Meiring Fouche
Klik om te vergroot

🔍 Klik op voorblad vir volgrootte hoë-resolusie museumvertoning

Goud en assegaaie

Skrywer: Meiring Fouche

Oorspronklike Publikasiejaar: 1980 (Pulp-era)

Uitgewer / Druknaam: Swart Luiperd

Literêre Genre: Jungle & Safari Adventure

Reekskonteks:

Die Swart Luiperd reeks is uitstekende aksie-avontuur verhale wat afspeel, hoofsaaklik in woude, maar ook op ander dele regoor die wêreld. Die hoof karakters is Leon Fouche alias Die Swart Luiperd, sy vrou Sonet, Bennie hulle seun (eers later in die reeks), Donker sy perd en Simson en Spikkels, twee luiperds. Interessant is dat die luiperds in van die boekies as jagluiperds aangedui word en in ander weer as luiperds. Persoonlik dink ek egter dit is luiperds, omrede jagluiperds in baie van die situasies waarin hulle beland het, nie die mas sou opkom nie. In meeste van die verhale reis die Swart Luiperd saam met sy perd en twee luiperds kruis en dwars oor die wêreld op soek na aksie en avontuur. Die Swart Luiperd is gekant teen vuurwapens en is dus net gewapen met 'n jagmes en pyl en boog. Verder kan hy ook soos 'n tipiese Tarzan van ouds deur die oerwoud beweeg, deur te swaai van tak tot tak aan bobbejaantoue. Braam le Roux (Abraham le Roux Botha) en Meiring Fouche (FA Venter) is die skrywers van die betrokke reeks. Beide Braam le Roux en Meiring Fouche is bekend as skrywers wat spanning en aksie hooggety kan laat vier en die betrokke reeks is geen uitsondering nie. Na die vroegtydige afsterwe van Braam le Roux het Meiring Fouche die reeks oorgeneem en dit voltooi met sewentig boeke in die reeks. Die betrokke reeks is vandag nog net so gewild as voorheen by alle ouderdomme, alhoewel minder mense vandag seker bewus is van die reeks wat jare gelede uiters populêr was. Sirkel uitgewers wat die reeks in die laat sewentiger jare tot in die vroeë negentigs her uitgegee het, het per abuis verskeie foute gemaak met die skrywers, titels van die boeke en die volgorde waarin hulle oorspronklik uitgekom het. Gaan kyk gerus by "Reeks Boeke Name" vir meer inligting.

Ander Verhale in die Swart Luiperd Reeks

Sien Alle Uitgawes →