HISTORIESE SUID-AFRIKAANSE SAGTEBAND BOEKE ARGIEF (1950'S EN VERDER)
📖 1657+ Boekvoorblaaie 📚 232 Reekse 🏛️ Suiwer Nie-Kommersiële Navorsingsargief
Moord in die myn - Gerrie Radlof
Klik om te vergroot

🔍 Klik op voorblad vir volgrootte hoë-resolusie museumvertoning

Moord in die myn

Skrywer: Gerrie Radlof

Oorspronklike Publikasiejaar: 1958 (Pulp-era)

Uitgewer / Druknaam: Swerwer Speurder

Literêre Genre: Detective & Police Crime

Reekskonteks:

Die Swerwer-speurder reeks handel oor ’n privaat speurder met die naam van Obed de Swardt. Hy bly saam met sy wolfhond genaamd Jagter en sy persoonlike sjef genaamd Amos, in Drie Gewels, ’n gerieflike groot huis in Linden, Johannesburg. Dan is daar ook sy aanvallige nooientjie Tessa Brink, wat hom ondersteun in vele van sy privaat speurwerk. Van jongs af het Obed al belang gestel in kriminologie en dit is juis hierdie uitdaging om kragte te meet met kriminele, wat aan hom die avontuur en lewenslus besorg waarna hy soek. Weens sy uitstekende rekord het Obed ook baie gou bekend geraak as die bobaas swerwer-speurder in die land. Verder is hy ook ’n kranige rugbyspeler wat vir Transvaal rugby speel in die vleuel posisie. Obed het ’n Bosveldplaas by sy pa geërf en daar boer ’n voorman namens hom op die plaas. Die inkomste wat daaruit gegenereer word, is meer as genoeg vir Obed om luuks te lewe. Ten spyte daarvan dat Obed nie nodig het om te werk nie, doen hy privaat speurwerk en spoor hy meeste van sy sake self op, waarvoor hy gewoonlik nie betaling ontvang nie. Soms kontak sy een polisie vriend Eddie hom, om te help met ’n belangrike saak, wat die polisie sukkel om self opgelos te kry. Dan is daar ook Jan Wiese, ’n goeie vriend van Obed, wat ’n redaksielid is van ’n groot dagblad in die stad en Obed verskaf altyd eerste vir hom die storie, in ruil vir sy hulp van tyd tot tyd. Elke storie is uniek en propvol spanning en intriges wat die leser deurgaans aan die raai sal hou en groot genot sal verskaf om te lees.

Ander Verhale in die Swerwer Speurder Reeks

Sien Alle Uitgawes →